Ezekiel 38:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in dieselfde tyd as Gog teen die land van Israel kom, spreek die HERE, sal my grimmigheid in my aangesig opkom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie dag, as Gog die land Israel binneval, sal Ek baie kwaad word, sê die oppermagtige Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar in die dag, die dag as Gog teen die land van Israel aankom, spreek die Here HERE, sal my grimmigheid in my neus opkom. |
| Afrikaans 1983 | “Maar,” sê die Here my God, “die dag wanneer Gog die land Israel aanval, sal my toorn teen hom losbreek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar daardie dag, die dag wanneer Gog op die grondgebied van Israel toesak,” is die uitspraak van my Heer, die Here, “sal dít gebeur: In my toorn sal my woede opvlam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie dag, wanneer Gog in die land Israel kom, sal Ek baie kwaad word.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daardie dag as Gog die land binneval, sal Ek woedend word,” sê die Here. |