Ezekiel 38:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE: Is jy hy van wie Ek in die ou tyd gespreek het deur my knegte, die profete van Israel, wat in daardie dae baie jare geprofeteer het dat Ek jou teen hulle sou bring? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “So sê die oppermagtige Here: Jy is die een van wie Ek lankal deur my profete gepraat het. Toe het Ek gesê dat Ek jou in die toekoms teen my volk sal laat optrek. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die Here HERE: Is jy dit van wie Ek in die voortyd gespreek het deur my knegte, die profete van Israel, wat in die dae geprofeteer het, jare lank, dat Ek jou teen hulle sal laat aankom? |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here my God: “Dit is jy oor wie Ek lank gelede gepraat het deur my dienaars die profete van Israel. Hulle het daardie tyd aangekondig dat Ek jou my volk sal laat aanval. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘So sê my Heer, die Here: “Is jy die een van wie Ek in vervloë dae gepraat het by monde van my diensknegte, die profete van Israel, wat in daardie tyd jare lank geprofeteer het dat Ek jou teen hulle te staan sal bring? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “Gog, Ek het lank gelede oor jóú gepraat toe Ek my dienaars, die profete van Israel, gestuur het. Hulle het in daardie tyd my boodskap gebring en gesê dat jy my volk sal aanval. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So sê die Here, die God van Esegiël: “Ek het lank terug al oor jou gepraat. Toe het Ek vir my volk deur die boodskappers wat Ek na hulle toe gestuur het, gesê dat Ek jou teen my land en my volk sal laat optrek. |