Ezekiel 38:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy sal uit jou plek uit die noordelike dele kom, jy en baie volke saam met jou, almal wat op perde ry, 'n groot menigte en 'n magtige leër. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan kom jy met al jou ruiters en soldate van jou land af in die verre noorde, jy en baie ander nasies. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal jy kom uit jou woonplek, uit die agterhoeke van die Noorde, jy en baie volke saam met jou wat almal op perde ry, 'n groot menigte en 'n magtige leër; |
| Afrikaans 1983 | en dan sal jy uit jou land ver in die noorde kom met die baie manskappe wat tot jou beskikking is, almal ruiters te perd, 'n groot mag, 'n magtige leër. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy sal uit jou woonplek kom, uit die afgeleë noorde, jy en baie volke saam met jou, almal ruiters te perd, 'n groot menigte, 'n ontsaglike leër. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en dan sal jy uit jou woonplek kom, jy sal ver uit die noorde kom. Jy sal kom saam met die mense van baie volke. Dit is manne op perde, dit is 'n baie groot leër, baie soldate. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy sal kom met al jou soldate en hulle perde en hulle wapens. Jy sal ’n baie groot weermag saam met jou bring. |