Ezekiel 38:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, mensekind, profeteer en sê vir Gog: So spreek die HERE; In daardie dag as my volk Israel veilig woon, sal jy dit nie weet nie?
Afrikaans (NLV) 2011 “Daarom, mensekind, profeteer teen Gog. Sê vir hom die oppermagtige Here sê: Die dag as my volk in vrede leef, sal jy jouself gereed maak.
Afrikaans 1933/1953 Daarom, profeteer, o mensekind, en sê aan Gog: So spreek die Here HERE: Sal jy dit nie opmerk in die dag as my volk Israel veilig woon nie?
Afrikaans 1983 “Tree op as profeet, mens, en sê vir Gog: So sê die Here my God: Jy sal weet wanneer my volk sonder kommer oor hulle veiligheid in die land woon,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Daarom, profeteer, mensekind, en sê vir Gog, ‘So sê my Heer, die Here: “Sal jy dit nie besef, daardie dag wanneer my volk Israel veilig woon nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mens, daarom moet jy my boodskap vir Gog bring. Jy moet vir hom sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Jy sal weet wanneer my volk in hulle land woon en dink hulle is veilig,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daarom, hoor wat die Here vir Gog sê. So sê die Here, die God van Esegiël: My volk sal in vrede in hulle eie land woon. Dan sal jy gereedmaak om hulle aan te val.