Ezekiel 38:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Séba en Dedan en die handelaars van Tarsis en al sy jong leeus sal vir jou sê: Kom jy om 'n buit te neem? het jy jou menigte bymekaargemaak om 'n buit te roof? om silwer en goud weg te neem, om vee en goed weg te neem, om 'n groot buit te neem? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Skeba, Dedan en die handelaars van Tarsis sal vra: ‘Het jy kom plunder? Het jy jou soldate bymekaargemaak om die vee weg te dryf en die besittings te vat, die goud en silwer as buit weg te dra?’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Skeba en Dedan en die koopmans van Tarsis en al sy jong leeus sal vir jou sê: Kom jy om buit te maak? Het jy jou menigte bymekaar laat kom om roof te rowe? Om silwer en goud weg te dra, om vee en goed weg te neem, om 'n groot buit te maak? |
| Afrikaans 1983 | Skeba, Dedan en die handelaars van Tarsis en sy buitedorpe sal vir jou vra: ‘Het jy gekom om te plunder? Het jy jou leërmag bymekaargemaak om oorlogsbuit te kry, om silwer en goud weg te dra, om vee en besittings te vat? Is jy op 'n groot plundertog uit?’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Skeba, Dedan en die handelaars van Tarsis, met al sy jong leeus, sal vir jou vra, ‘Is dit om oorlogsbuit te roof dat jy gekom het? Is dit om buit te maak dat jy jou hordes byeengebring het – om silwer en goud weg te dra, om kleinvee en besittings te vat, om 'n groot oorlogsbuit te roof?’ ” ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van die lande Skeba en Dedan, die handelaars van die land Tarsis en al sy leiers sal vir jou vra: ‘Het jy gekom om daardie mense se goed vir jouself te vat? Het jy jou soldate bymekaar laat kom om alles te vat wat daardie mense het? Wil julle hulle silwer en goud wegdra, wil julle hulle skape en bokke en hulle ander goed vat, wil julle alles vir julleself vat?’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dan sal die mense van Skeba, Dedan en die mense wat besigheid in Tarsis doen, vir jou vra: ‘Hoekom het jy daardie land se besittings vir jouself gevat? Wie is jy dat jy die mense van hulle geld en besittings kan beroof? Wie is jy om hulle skape en beeste na jou eie land terug te jaag? Hoe kan julle hierdie mense arm maak?’ |