Ezekiel 38:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | om buit te neem en 'n buit te buit; om u hand te wend teen die verlate plekke wat nou bewoon is, en teen die volke wat versamel is uit die nasies, wat vee en goed verkry het, wat in die middel van die land woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek gaan die puinhope wat herbou is, plunder. Die mense het teruggekom uit die nasies en is nou ryk met hulle groot kuddes en besittings. Hulle bly in die middel van die aarde!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | om buit te maak en roof te rowe, om jou hand uit te steek teen die puinhope wat weer bewoon is, en teen 'n volk wat uit die nasies versamel is, wat vee en goed verwerf het, wat op die middelpunt van die aarde woon. |
| Afrikaans 1983 | ek gaan hulle plunder en hulle besittings buit. Jy sal besluit om 'n aanval te maak op die puinhope wat weer bewoon word, die mense wat tussen die nasies uit versamel is en weer vee en besittings het en op die middelpunt van die aarde woon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jou doel sal wees om oorlogsbuit te roof en buit te maak, om jou hand uit te steek teen die puinhope wat bewoon word, teen 'n volk wat byeengebring is uit die nasies, wat kleinvee en besittings verkry het, wat woon in die middel van die aarde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal hulle goed vir my vat, ek sal alles vat wat hulle het. “Jy sal oorlog maak teen die stede wat verwoes was en waar nou mense woon. Jy sal oorlog maak teen die mense wat bymekaargekom het uit die ander volke, die mense wat nou vir hulleself skape en bokke en ander goed bymekaarmaak. Hulle woon in die land Israel, die belangrikste plek op die aarde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal ek teen die stede optrek wat lank sonder inwoners was, maar nou vol mense is. Die mense wat daarin bly, het teruggekom na hulle eie land nadat hulle gevangenes in die vreemde was. Ek sal die Israeliete se besittings vir myself vat. En ek sal die mense as gevangenes vir myself vat. Hulle sal vir my moet werk. Daardie land se mense het baie skape en beeste wat ek vir myself kan vat. Daardie land se mense dink mos hulle is belangrik!’ |