Ezekiel 38:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet sê: Ek sal optrek na die land van ongemuurde dorpies; Ek sal gaan na die wat gerus is, wat veilig woon, almal wat sonder mure woon en geen grendels of poorte het nie,
Afrikaans (NLV) 2011 Jy sal sê: ‘Ek gaan die land wat oop lê, aanval. Ek gaan hierdie mense wat so onbesorgd lewe, sonder hoë mure en poorte, vernietig!
Afrikaans 1933/1953 en sê: Ek sal optrek teen die land wat ooplê, ek sal kom by rustige mense wat in veiligheid woon; wat almal woon sonder muur en geen grendel of poorte het nie;
Afrikaans 1983 Jy sal dink: ek gaan dié land wat so oop lê, aanval. Die mense woon so onbesorg en rustig, hulle woon in stede sonder mure en sonder poorte met sluitbalke;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en sê, ‘Ek sal optrek teen 'n land wat oop lê; ek sal toesak op hulle wat onverstoord en veilig woon, op almal wat sonder stadsmuur woon, en selfs nie 'n sluitbalk of poortdeure het nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy sal dink: Ek sal hierdie oop land aanval, ek sal kom by hierdie mense wat dink hulle is veilig, hulle dink niemand sal hulle aanval nie. Daar is nie mure om die stede waar hulle woon nie, daar is nie poorte wat hulle kan toesluit nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle sal sê: ‘Israel kan homself nie beskerm nie. Sy stede word nie deur hoë mure omring nie, en die inwoners kan maklik doodgemaak word. Ek sal teen die land optrek en maklik al die mense in die land kan doodmaak. Hulle leef asof niks hulle kwaad kan aandoen nie. Ek sal maklik hulle land vir my vat!