Ezekiel 37:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Hy vir my: Profeteer teen die wind, profeteer, mensekind, en sê vir die wind: So spreek die HERE HERE; Kom uit die vier windstreke, o asem, en blaas op hierdie gesneuweldes, dat hulle kan lewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê Hy vir my: “Praat met die wind en sê: ‘So sê die oppermagtige Here: Wind, kom vanuit die vier windrigtings! Blaas in hierdie dooie liggame sodat hulle lewend kan word!’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê Hy vir my: Profeteer tot die gees, profeteer, mensekind, en sê aan die gees: So spreek die Here HERE: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê die Here vir my: “Praat nou as profeet met die gees, tree op as profeet, mens, sê vir die gees: So sê die Here my God: Kom uit die vier windstreke, gees, blaas in hierdie dooies in dat hulle kan lewe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sê toe vir my: “Profeteer vir die wind! Profeteer, mensekind, en sê vir die wind, ‘So sê my Heer, die Here: “Wind, kom uit die vier windrigtings! Blaas in hierdie doodgemaaktes, sodat hulle kan leef.” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê die Here vir my: “Mens, jy moet my boodskap bring vir die wind, jy moet my boodskap bring en jy moet vir die wind sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Wind, jy moet kom van die noorde en die suide, die ooste en die weste en jy moet in hierdie dooie mense blaas sodat hulle kan lewe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê die Here vir my: “Praat met die wind. Sê: So sê die Here, die God van Esegiël: Kom, wind, kom uit die vier rigtings van die aarde! Blaas in hierdie dooie liggame sodat hulle lewendig kan word!” |