Ezekiel 37:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe ek dit sien, kom die senings en die vleis op hulle op, en die vel het hulle bo bedek, maar daar was geen asem in hulle nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl ek gekyk het, het spiere en vleis oor die bene gevorm. Toe het vel die liggame toegemaak. Maar daar was nie lewe in hulle nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe kyk ek en -- daar was senings op hulle, en daar het vlees op gekom, en 'n vel is bo-oor hulle getrek, maar daar was geen gees in hulle nie.
Afrikaans 1983 Terwyl ek kyk, kom daar senings en vleis aan hulle en word daar vel bo-oor getrek. Maar daar was nog nie gees in hulle nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het gekyk, en sowaar, aan hulle is daar senings, en vleis kom te voorskyn! Vel is van bo af oor hulle getrek, maar daar was nog geen asem in hulle nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En terwyl ek kyk, het daar spiere aan die bene gekom, vleis het die bene toegemaak, en daar het 'n vel oor die bene gekom. Maar daar was nie asem in hulle nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl ek nog kyk, het vleis en spiere gevorm wat om die bene gaan sit het. Toe het vel bo-oor elke liggaam gevorm. Maar al die liggame het leweloos op die grond bly lê.