Ezekiel 37:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het dan geprofeteer soos ek beveel is; en terwyl ek geprofeteer het, was daar 'n geluid, en kyk, 'n skudding, en die bene het bymekaargekom, been tot sy been.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het gesê soos Hy my beveel het. Skielik was daar ’n gedreun terwyl ek praat. Die bene van elke liggaam het bymekaargekom soos dit voorheen was.
Afrikaans 1933/1953 Toe het ek geprofeteer soos my beveel was. En sodra ek geprofeteer het, was daar 'n geruis, en kyk -- 'n beroering! En die bene het nader gekom, elke been na sy been.
Afrikaans 1983 Ek het toe as profeet opgetree soos ek beveel is, en terwyl ek dit doen, hoor ek 'n gedreun: die bene het na mekaar toe beweeg, elkeen na die been toe wat by hom pas.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het geprofeteer soos ek beveel is. Daar was 'n geluid net toe ek profeteer – 'n geratel! Die beendere het nader aan mekaar beweeg, been na been toe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het die boodskap vir die bene gebring soos die Here vir my gesê het. Terwyl ek dit gedoen het, het ek iets gehoor. Dit was 'n aardbewing. En toe kom al die bene na mekaar toe, elke been het gekom na die been wat by hom pas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het toe met die bene gepraat, net soos die Here vir my gesê het. Die volgende oomblik, terwyl ek nog praat, was daar ’n groot geraas. Oor die hele vallei het die bene begin raas soos dit teen mekaar gekap en geskuur het. Die bene het elkeen beweeg na die ander bene van dieselfde liggaam. En liggame se bene het só by mekaar uitgekom.