Ezekiel 37:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en julle met vel bedek en asem in julle gee, dat julle lewendig sal wees; en julle sal weet dat Ek die HERE is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sit vleis en spiere om julle en maak julle toe met vel. Ek sit asem in julle en julle sal lewend word. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en 'n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die HERE is. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal vir julle senings en vleis aansit en julle oortrek met vel en dan sal Ek gees in julle gee sodat julle kan lewe. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal senings aan julle heg, vleis aan julle sit, vel oor julle trek, asem in julle gee, sodat julle kan leef. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal spiere aan julle sit, Ek sal vleis oor julle laat kom en Ek sal vel oor julle sit. Ek sal asem in julle gee, en julle sal lewe. Julle sal weet dat Ek die Here is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal Ek vleis en spiere om julle sit. En dan sal Ek vel om julle sit. Ek blaas asem in julle. Julle sal lewendige mense word. En dan sal julle weet dat Ek die Here is.” |