Ezekiel 37:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die nasies sal weet dat Ek, die HERE, Israel heilig, wanneer my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan, wanneer my blyplek tussen hulle is, sal die nasies besef dat Ek, die Here, Israel vir myself eenkant gesit het as ’n heilige volk.”
Afrikaans 1933/1953 En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees.
Afrikaans 1983 Wanneer my heiligdom vir altyd tussen hulle is, sal die ander nasies besef dat Ek, die Here, Israel vir My afgesonder het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die nasies sal besef dat Ek die Here is wat Israel heilig, wanneer my heiligdom vir altyd tussen hulle sal wees.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En wanneer my tempel altyd by hulle is, dan sal die ander volke weet dat dit Ek, die Here, is wat Israel aan My wy.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Omdat my huis dan tussen hulle is en Ek tussen hulle bly, sal al die nasies agterkom dat Ek, die Here, Israel eenkant gesit het om aan My te behoort en vir My te werk.”