Ezekiel 37:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal 'n vredesverbond met hulle sluit; dit sal 'n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulle plaas en hulle vermeerder en my heiligdom vir ewig in hulle midde stel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek maak ’n ooreenkoms van vrede met hulle. Die ooreenkoms sal altyd geld. Ek gee hulle die land en maak hulle baie. Ek plaas my woonplek tussen hulle vir altyd. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal 'n verbond van vrede met hulle sluit, dit sal 'n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulle daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal my heiligdom in hulle midde vestig vir ewig. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal met hulle 'n verbond sluit wat vir hulle vrede sal bring, 'n verbond wat altyd sal bestaan. Ek sal hulle baie laat word en my heiligdom tussen hulle oprig om altyd daar te wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “ Ek sal met hulle 'n vredesverbond sluit – dit sal 'n ewige verbond met hulle wees. Ek sal hulle vestig en hulle baie laat word, en Ek sal my heiligdom tussen hulle vestig, vir altyd. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal 'n verbond maak met hulle, 'n verbond wat vir hulle vrede sal bring. Die verbond sal vir altyd wees. Ek sal vir hulle gee wat hulle nodig het en Ek sal hulle baie laat word. Ek sal my tempel altyd by hulle laat staan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal ’n ooreenkoms met hulle sluit wat vir altyd geldig sal wees. My deel van die ooreenkoms sal wees dat Ek vir hulle die land van hulle oupagrootjies sal teruggee. En Ek sal sorg dat dit met hulle goed gaan sodat hulle hulle kinders en kleinkinders sien. Ek sal my huis weer daar laat bou tussen hulle, en dit sal vir altyd daar wees in hulle land. |