Ezekiel 37:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal woon in die land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het, waarin julle vaders gewoon het; en hulle sal daarin woon, hulle en hulle kinders en hulle kindskinders tot in ewigheid; en my kneg Dawid sal hulle owerste wees tot in ewigheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal in die land leef wat ek vir hulle voorouer Jakob gegee het, die land waar julle pa’s geleef het. Hulle en hulle kinders en hulle kleinkinders sal vir altyd daar leef. En my dienaar Dawid sal vir altyd hulle leier wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sal woon in die land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het, waar julle vaders in gewoon het; ja, hulle sal daarin woon, hulle kinders en hulle kindskinders tot in ewigheid; en my kneg Dawid sal hulle vors wees vir ewig. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sal in die land woon wat Ek aan my dienaar Jakob gegee het, waar hulle voorvaders gewoon het. Hulle sal altyd daar woon, hulle en hulle kinders en hulle kinders se kinders, en my dienaar Dawid sal hulle regeerder wees vir altyd. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal woon in die land wat Ek aan my dienskneg, aan Jakob, gegee het – die land waarin julle voorouers gewoon het. Hulle sal daarin woon, hulle en hulle kinders en kleinkinders, vir altyd; en Dawid, my dienskneg, sal vir hulle 'n leier wees vir altyd. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete sal in die land woon wat Ek vir my dienaar Jakob gegee het, die land waar hulle voorvaders gewoon het. Hulle sal altyd daar woon, hulle en hulle kinders en hulle kinders se kinders. My dienaar Dawid sal altyd oor hulle regeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal in die land bly wat Ek vir hulle oupagrootjies gegee het, vir Abraham en Isak en Jakob. Hulle sal daar bly, so ook hulle kinders en hulle agterkleinkinders. ’n Goeie koning soos Dawid sal oor hulle regeer, en dit sal goed gaan. |