Ezekiel 37:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En my kneg Dawid sal koning oor hulle wees; en hulle sal almal een herder hê; hulle sal ook in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en dit doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “My dienaar Dawid sal hulle koning wees, en hulle sal net een herder hê. Hulle sal my bepalings gehoorsaam en my bevele onderhou. |
| Afrikaans 1933/1953 | En my kneg Dawid sal koning oor hulle wees, en hulle sal almal een herder hê; en hulle sal in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en daarna handel. |
| Afrikaans 1983 | My dienaar Dawid sal koning oor hulle wees; hulle almal sal net een herder hê, en hulle sal volgens my bepalings leef en my voorskrifte gehoorsaam en nakom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My dienskneg Dawid sal koning wees oor hulle, en daar sal een herder vir hulle almal wees. My bepalings sal hulle volg, en my vaste voorskrifte sal hulle nakom en dit uitvoer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En my dienaar Dawid sal hulle koning wees. Hy sal die enigste herder vir hulle almal wees, hy sal lewe soos Ek sê en hy sal doen wat Ek wil hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dan sal iemand oor hulle heers wat so goed sal wees soos koning Dawid. Hierdie koning sal My dien en aanbid. Hy sal vir hulle soos ’n goeie skaapwagter wees. En my volk sal doen wat Ek hulle beveel. Hulle sal gehoorsaam wees aan wat Ek vir hulle sê. |