Ezekiel 37:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal hulle nie meer verontreinig met hulle drekgode of met hulle gruwels of met enige van hulle oortredinge nie; maar Ek sal hulle verlos uit al hulle woonplekke waarin hulle gesondig het, en hulle reinig; so sal hulle vir My wees mense, en Ek sal hulle God wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal ook nie meer hulleself met hulle afskuwelike afgode en sondes besoedel nie, want Ek sal hulle bevry uit die plekke waar hulle gesondig het, en hulle skoonmaak. Dan sal hulle my volk wees, en Ek sal hulle God wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sal hul nie meer verontreinig met hulle drekgode en hulle verfoeisels en met al hulle oortredinge nie; en Ek sal hulle verlos uit al hulle woonplekke waarin hulle gesondig het, en sal hulle reinig. So sal hulle dan vir my 'n volk wees, en Ek vir hulle 'n God wees. |
| Afrikaans 1983 | “Hulle sal hulle nooit weer verontreinig met afgode en afskuwelike dade en sondes nie. Ek sal hulle bevry uit al hulle woonplekke waar hulle gesondig het en hulle reinig. Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal hulleself nie meer verontreinig met hulle afgodsbeelde en hulle verfoeilike afgode, ja, met al hulle oortredings nie. Ek sal hulle verlos van al hulle afvalligheid waardeur hulle gesondig het. Ek sal hulle reinig; dan sal hulle vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal ook nie weer afgode dien en dinge doen wat Ek haat nie. Hulle sal nie weer opstandig wees sodat hulle onrein word nie. Ek sal hulle red en Ek sal al hulle ongehoorsaamheid wegneem wat hulle sonde laat doen het, Ek sal hulle reinig. Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal my volk ophou om voor afskuwelike afgode te buig. Hulle sal nie meer slegte dinge doen nie, want Ek sal hulle red van hulleself. Ek sal hulle weer nuut maak. Dan sal hulle werklik my volk wees. En Ek sal hulle God wees. |