Ezekiel 37:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal hulle een nasie maak in die land op die berge van Israel; en een koning sal vir hulle almal koning wees, en hulle sal nie meer twee nasies wees nie, en hulle sal glad nie meer in twee koninkryke verdeel word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek verenig hulle tot een nasie in die land, op die berge van Israel. Een koning sal oor almal regeer. Hulle sal nie meer in twee nasies en twee koninkryke verdeel wees nie.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie.
Afrikaans 1983 Ek sal van hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel, en hulle sal een koning hê. Hulle sal nooit weer twee volke wees nie, nooit weer in twee ryke verdeel word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal hulle een nasie maak in die land op die berge van Israel, en een koning sal oor hulle almal koning wees. Hulle sal nie meer twee nasies wees, en hulle sal nooit weer verdeel wees in twee koninkryke nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal hulle een volk maak in die land, op die Israel-berge, en hulle almal sal een koning hê. Hulle sal nie meer twee volke wees nie en hulle sal nooit weer twee lande wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal Ek Israel en Juda weer een nasie maak. Hulle was voorheen twee volke, maar nou sal hulle net een koning hê wat oor hulle regeer. Hulle sal nie meer twee nasies wees wat in twee lande bly nie.