Ezekiel 37:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het my rondom hulle laat verbygaan, en kyk, daar was baie in die oop dal; en kyk, hulle was baie droog.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het my tussen die ou, droë bene wat op die valleivloer lê, rondgelei. Hulle het oral op die grond gelê.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het my by hulle laat verbygaan na alle kante toe; en kyk, daar het 'n groot menigte oor die laagte gelê, en kyk, hulle was baie dor.
Afrikaans 1983 Die Here het my om die bene laat loop, en ek het gesien daar is baie bene in die laagte en hulle is baie droog.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het my keer op keer daar rondom laat loop; en kyk, daar het geweldig baie versprei oor die laagte gelê, en hulle was heeltemal verdroog!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Gees het gesê ek moet rondom die bene loop. Daar was baie bene in die vallei, en die bene was baie droog.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het my toe om die bene laat loop. Dit was ou, uitgedroogde bene. Die hele leegte was vol daarvan. Oral op die grond het daar net bene gelê.