Ezekiel 37:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wanneer die kinders van jou volk met jou spreek en sê: Wil jy ons nie wys wat jy hiermee bedoel nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer jou mense vra wat beteken dít wat jy doen,
Afrikaans 1933/1953 En as die kinders van jou volk met jou spreek en sê: Sal u ons nie te kenne gee wat u met hierdie dinge bedoel nie?
Afrikaans 1983 Wanneer die mense van jou volk vir jou vra: ‘Wil jy nie vir ons vertel wat dit beteken nie?’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer die mense van jou volk dan vir jou vra, ‘Sal jy nie vir ons vertel wat hierdie handeling van jou beteken nie?’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En wanneer jou mense vir jou vra: ‘Vertel asseblief vir ons wat beteken die twee plankies,’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer jou mense vir jou vra wat jy doen en wat dit beteken,