Ezekiel 37:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder, jy, mensekind, neem vir jou een stok en skryf daarop: Vir Juda en vir die kinders van Israel, sy metgeselle; neem dan 'n ander stok en skryf daarop: Vir Josef, die hout van Efraim en vir almal die huis van Israel, sy metgeselle: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind, vat ’n stok en krap dié woorde daarop uit: ‘Hierdie stok is Juda en sy bondgenote.’ Vat nog ’n stok en krap daarop uit: ‘Hierdie stok is die noordelike stamme van Israel.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy, mensekind, neem vir jou 'n stuk hout, en skrywe daarop: Vir Juda en vir die kinders van Israel, sy bondgenote; en neem 'n ander stuk hout en skrywe daarop: Vir Josef die hout van Efraim en die hele huis van Israel, sy bondgenote. |
| Afrikaans 1983 | “Mens, vat 'n stuk hout en skryf daarop: Juda en die Israeliete wat sy bondgenote is. “Vat dan nog 'n stuk hout en skryf daarop: Josef. Dit is die stuk hout vir Efraim en die hele Israel wat sy bondgenote is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ En jy, mensekind, neem 'n stuk hout en skryf daarop, ‘Vir Juda en vir die Israeliete verbonde aan hom.’ Neem dan nog 'n stuk hout en skryf daarop, ‘Vir Josef – dit is die hout van Efraim – en die hele huis van Israel verbonde aan hom.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “En jy, mens, jy moet 'n plankie neem en jy moet daarop skryf ‘Vir Juda en vir die Israeliete wat hulle bondgenote is.’ Dan moet jy nog 'n plankie neem en jy moet daarop skryf ‘Vir Josef.’ Dit is die plankie van Efraim en al die mense van Israel wat hulle bondgenote is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mens, vat ’n stuk hout. Kerf dan hierdie woorde daarop: Hierdie stok is Juda en al die stamme wat saam met hom werk. Vat dan ’n ander stok en kerf daarop: Hierdie stok is die stamme van die noordelike ryk van Israel. |