Ezekiel 37:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sal my Gees in julle gee, en julle sal lewe, en Ek sal julle in julle land laat woon; dan sal julle weet dat Ek, die HERE, dit gespreek en gedoen het, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sit my Gees in julle, en julle sal lewe en terugkeer huis toe, na julle eie land toe. Dan sal julle besef dat Ek die Here is. Julle sal sien dat Ek presies gedoen het soos Ek belowe het. Ek, die Here, het so gesê!”
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle vestig in jul land; en julle sal weet dat Ek, die HERE, dit gespreek en gedoen het, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe en Ek sal julle in julle land laat woon. Dan sal julle besef dat Ek die Here is. Ek het dit gesê en Ek sal dit doen,” sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal my Gees in julle gee, en julle sal leef. Ek sal julle tot rus bring op julle grond. Dan sal julle besef dat Ek die Here is. Ek het gepraat en Ek sal dit doen.” ’ ” Dit is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal my asem in julle gee, en julle sal lewe. Ek sal julle laat woon op julle eie grond, en julle sal weet dat Ek die Here is. Ek het dit gesê en Ek sal dit doen.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal my Gees die wind wees wat Ek oor julle laat waai. Julle sal weer lewe en terugkom huis toe, na julle eie land toe. Dan sal julle weet dat Ek die Here is, as julle sien dat Ek alles presies gedoen het soos Ek belowe het.” Dit is Ek, die Here, wat gepraat het.