Ezekiel 37:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, profeteer en sê vir hulle: So spreek die HERE HERE; Kyk, o my volk, Ek sal julle grafte oopmaak en julle uit julle grafte laat opkom en julle in die land van Israel bring.
Afrikaans (NLV) 2011 Sê vir hulle die oppermagtige Here sê: My volk, Ek maak die grafte van ballingskap oop en laat julle opstaan. En Ek bring julle terug na die land Israel.
Afrikaans 1933/1953 Daarom, profeteer en sê aan hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk! En Ek sal julle bring in die land van Israel.
Afrikaans 1983 Tree op as profeet, sê vir hulle: So sê die Here my God: Ek sal julle grafte oopmaak en julle laat uitkom, my volk, en Ek sal julle terugbring na die land Israel toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, profeteer en sê vir hulle, ‘So sê my Heer, die Here: “Kyk, Ek maak julle grafte oop, en Ek sal julle uit julle grafte laat opkom, my volk! Ek sal julle terugbring na die grond van Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom, jy moet my boodskap vir hulle bring, jy moet vir hulle sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: My volk, Ek sal nou julle grafte oopmaak en Ek sal julle laat uitkom uit julle grafte. Ek sal julle laat teruggaan na die land Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Sê nou vir my volk die Here, die God van Esegiël, sê: My volk, Ek haal julle uit die graf waarin julle beland het toe julle as gevangenes weggevoer is na vreemde lande. Dit sal wees asof Ek julle uit die dood laat opstaan. Want Ek sal julle daar gaan haal en terugbring na julle eie land. Julle sal weer in Israel bly.