Ezekiel 37:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Hy vir my: Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel; kyk, hulle sê: Ons gebeente is opgedroog en ons hoop is verlore; ons is uitgeroei vir ons dele.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê Hy vir my: “Mensekind, hierdie bene is die mense van Israel. Hulle sê: ‘Ons het ou, droë bene geword. Daar is geen hoop vir ons oor nie!’
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Hy vir my: Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel. Kyk, hulle sê: Ons bene is verdor, en ons verwagting is verlore; dit is klaar met ons!
Afrikaans 1983 Die Here het vir my gesê: “Mens, al hierdie bene stel die hele Israel voor. Hulle sê: ‘Ons bene is uitgedroog, ons het geen hoop meer nie, dit is klaar met ons.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe vir my: “Mensekind, hierdie beendere, hulle is die hele huis van Israel. Kyk, hulle sê, ‘Ons beendere is verdroog, ons hoop is verlore, ons is afgesny.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir my gesê: “Mens, hierdie bene is die hele volk Israel. Hulle sê: ‘Ons is soos droë bene, ons kan niks meer hoop nie. Daar kan nie meer iets gebeur wat goed is vir ons nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê die Here vir my: “Mens, Israel is soos hierdie bene. My volk sê: ‘Ons het soos ou, droë, dooie bene geword. Ons het geen hoop in die lewe meer oor nie!’