Ezekiel 37:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het ek geprofeteer soos hy my beveel het, en die asem het in hulle gekom, en hulle het lewendig geword en op hulle voete opgestaan, 'n uitermate groot leër.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het toe gesê soos ek beveel is, en die wind het in die liggame gekom en hulle het begin asemhaal. Hulle het lewend geword en op hulle voete gaan staan, ’n groot klomp mense.
Afrikaans 1933/1953 En ek het geprofeteer soos Hy my beveel het. Toe het die gees in hulle gekom, en hulle het lewendig geword en op hulle voete gaan staan -- 'n ontsaglike groot leër!
Afrikaans 1983 Ek het as profeet opgetree soos die Here my beveel het, en toe kom die gees in hulle, en hulle lewe en gaan staan regop. Dit was 'n baie groot menigte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het geprofeteer soos Hy my beveel het. Die wind het in hulle ingegaan en hulle het lewend geword en op hulle voete gaan staan – 'n buitengewone groot leër!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het die boodskap gebring soos die Here vir my gesê het, en toe kom daar asem in die bene. Hulle het begin lewe en hulle het regop gestaan. Dit was baie baie mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het gedoen soos die Here my beveel het. Die volgende oomblik het die wind oor die liggame gewaai, en die liggame het begin asemhaal. Hulle het almal lewendig geword. Die skare liggame wat lewendig geword het, het op hulle voete gaan staan.