Ezekiel 37:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die hand van die HERE was op my en het my uitgedra in die Gees van die HERE en my neergesit in die dal wat vol bene was,
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het my in besit geneem, en die Gees van die Here het my weggeneem na ’n vallei vol bene.
Afrikaans 1933/1953 Die hand van die HERE was op my, en Hy het my uitgebring deur die Gees van die HERE en my neergesit in die laagte; en dit was vol bene.
Afrikaans 1983 Die mag van die Here het my in besit geneem en my deur die Gees van die Here uitgebring en neergesit binne-in 'n laagte. Die laagte was vol bene.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hand van die Here was op my. Hy het my deur die Gees van die Here uitgelei en my neergesit in die laagte – dit was vol beendere.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gevoel die Here sit sy hand op my. Hy het sy Gees gestuur om my uit die stad te bring en Hy het my neergesit in 'n vallei. Die vallei was vol bene van mense wat dood is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het Hom hierna weer op ’n spesiale manier aan my bekendgemaak. Die Here se Gees het my weggeneem, en ek het by ’n laagte gaan staan. In die laagte het daar baie bene van mense rondgelê.