Ezekiel 36:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar julle, berge van Israel, julle moet julle takke uitskiet en julle vrugte dra aan my volk Israel; want hulle is naby om te kom.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die berge van Israel sal groot vrugte-oeste dra om gereed te maak vir my mense wat terugkeer. Hulle kom gou weer huis toe!
Afrikaans 1933/1953 Maar julle, o berge van Israel, sal jul takke gee en jul vrugte dra vir my volk Israel; want hulle koms is naby.
Afrikaans 1983 Maar julle, berge van Israel, moet sorg dat daar bome met takke en vrugte is vir my volk Israel, hulle terugkoms is naby.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar julle, berge van Israel, julle sal lote gee en julle sal vrugte dra vir my volk Israel, want hulle koms is naby.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En julle, Israel-berge, die bome op julle sal takke kry en vrugte dra vir my volk Israel, want my volk sal gou terugkom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die berge van Israel sal dan goeie oeste lewer. Wanneer my volk terugkom in die land, sal daar te veel vrugte wees om te eet. En daardie dag is naby. My volk kom een van die dae terug huis toe!