Ezekiel 36:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE: Ek het my hand opgehef, waarlik, die nasies wat rondom jou is, hulle sal hul skande dra.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom, sê die oppermagtige Here, lê Ek ’n plegtige eed af dat hierdie nasies verneder sal word.
Afrikaans 1933/1953 Daarom, so sê die Here HERE, hef Ek my hand op: Waarlik, die nasies wat rondom julle is -- hulle sal hul smaad dra.
Afrikaans 1983 So sê die Here my God: “Ek lê 'n eed af dat die nasies rondom julle self verneder sal word!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, so sê my Heer, die Here: “Ek self het my hand opgehef en gesweer: Wat die nasies rondom julle betref – hulle sal beslis hulle vernedering moet dra;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: Ek tel my hand op en Ek belowe dat Ek die volke rondom julle sal verneder.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom sê die Here, die God van Esegiël: “Ek sweer dat hierdie nasies volgende aan die beurt sal kom. Hulle sal ook gespot en beledig word.