Ezekiel 36:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Profeteer dan aangaande die land van Israel, en sê aan die berge en die heuwels, die riviere en die dale: So spreek die HERE HERE; Kyk, Ek het gespreek in my ywer en in my grimmigheid, omdat julle die skande van die heidene gedra het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daarom, profeteer aan die heuwels en berge, die klowe en valleie van Israel. Sê vir hulle die oppermagtige Here sê: Ek is baie kwaad omdat julle verneder is deur die nasies rondom julle. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, profeteer oor die land van Israel, en spreek tot die berge en die heuwels, tot die klowe en die dale: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek spreek in my ywer en in my grimmigheid, omdat julle die smaad van die nasies gedra het. |
| Afrikaans 1983 | “Tree op as profeet vir die land Israel en sê vir die berge, die heuwels, die klowe, die valleie: So sê die Here my God: Ek praat in woede, in toorn oor die vernedering wat julle deur die nasies aangedoen is!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Daarom, profeteer oor die grondgebied van Israel en sê vir die berge, die heuwels, die stroombeddings en valleie, ‘So sê my Heer, die Here: “Kyk, in my heilige jaloesie en in my woede praat Ek, omdat julle die vernedering deur nasies moet verduur.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom, jy moet my boodskap bring oor die land Israel, jy moet praat en jy moet vir die berge en die heuwels, vir die waterslote en die valleie sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Nou praat Ek, Ek is baie kwaad en ontsteld omdat die volke julle verneder het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daarom, sê vir die heuwels en berge van Israel, vir die valleie en die gelykveld, Ek, die Here, Esegiël se God, sê van hulle: Ek is kwaad oor wat die nasies rondom jou jou aangedoen het. Hulle het met jou gespot en jou beledig.” |