Ezekiel 36:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE: Waarlik, in die vuur van my ywer het Ek gespreek teen die oorblyfsel van die heidene en teen die hele Idumea, wat my land in hulle besit aangestel het met die blydskap van hulle hele hart, met kwaadwilligheid, om dit as 'n buit te verdryf.
Afrikaans (NLV) 2011 So sê die oppermagtige Here: Ek is woedend oor die res van die nasies, en veral oor Edom, want hulle het hulle daarin verlustig om my land vir hulleself as buit te vat.
Afrikaans 1933/1953 daarom, so sê die Here HERE: Waarlik, in die vuur van my ywer spreek Ek teen die oorblyfsel van die nasies en teen die hele Edom wat my land vir hulleself as besitting bestem het -- in volle vreugde van die hart, met diepste veragting -- sodat die weiveld daarvan 'n buit sou wees.
Afrikaans 1983 so sê die Here my God: “Ek praat in gloeiende woede oor wat oor is van die ander nasies en oor die hele Edom wat met soveel genot en minagting my land vir hulleself gevat het om sy weivelde buit te maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ja, so sê my Heer, die Here: “Met die vuur van my heilige jaloesie praat Ek teen die res van die nasies en teen die hele Edom, wat met 'n hart vol vreugde en met 'n •siel vol veragting my land vir hulle as eiendom toegeëien het, sodat sy weivelde 'n buit kon wees.” ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: Dit alles het gebeur, en daarom praat Ek. Ek is baie kwaad vir die ander volke en vir al die mense van Edom. Hulle het my land gevat om hulle diere daar te laat wei. Hulle het toe vrolik gelag en hulle het gewys dat hulle dink my land is nie belangrik nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So sê die Here, die God van Esegiël: “Ek is kwaad vir hierdie nasies. Hulle het My jaloers gemaak omdat hulle met my volk en sy land spot. Ek is veral woedend vir Edom. Hulle het My in die gesig gevat toe hulle hierdie land sommerso vir hulleself gevat het. Hulle het alles gebuit wat hulle in die hande kon kry.