Ezekiel 36:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, berge van Israel, hoor die woord van die HERE; So sê die HERE aan die berge en die heuwels, die riviere en die valleie, die verlate puinhope en die stede wat verlate is, wat 'n prooi en bespotting geword het vir die oorblyfsels van die nasies wat rondom; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom, berge van Israel, hoor die woord van die oppermagtige Here. Die oppermagtige Here praat met die heuwels en berge, die klowe en valleie, en die puinhope en verlate stede wat deur al die nasies rondom julle vernietig en bespot is. |
| Afrikaans 1933/1953 | daarom, o berge van Israel, hoor die woord van die Here HERE. So spreek die Here HERE tot die berge en die heuwels, tot die klowe en die dale, tot die verwoeste puinhope en die verlate stede wat 'n buit en 'n spot geword het vir die oorblyfsel van die nasies wat rondom is -- |
| Afrikaans 1983 | Daarom, berge van Israel, hoor die woord van die Here my God! So sê die Here my God vir die berge, die heuwels, die klowe, die valleie, vir die verlate puinhope, die onbewoonde stede wat geplunder en verneder is deur die mense wat van die nasies rondom oor is, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | daarom, berge van Israel, luister na die woord van my Heer, die Here! So sê my Heer, die Here vir die berge, die heuwels, die stroombeddings, die valleie, die verwoeste puinhope en die verlate stede wat 'n buit en 'n voorwerp van spot geword het vir die res van die nasies aan alle kante – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom, Israel-berge, julle moet nou hoor wat sê die Here. Die Here, Hy wat Here is, praat met die berge en die heuwels, met die waterslote, die valleie, die hope klippe waar niemand woon nie, met die stede waar die mense weg is en waar die vyande alles vir hulle gevat het. Die ander volke daar naby spot en lag oor daardie stede. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom, berge van Israel, hoor wat die Here, Esegiël se God, vir julle sê. Hy praat met die heuwels en die berge, die valleie en die gelykveld. Hy praat met die bouvalle en die stede in jou wat lankal verlate is sonder ’n lewende siel daarin. Jou land is lankal verwoes, en die nasies oor die hele aarde spot met jou. |