Ezekiel 36:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE: Ek sal nog daaroor navraag doen deur die huis van Israel, om dit vir hulle te doen; Ek sal hulle vermeerder met mense soos 'n kudde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “So sê die oppermagtige Here: Ek staan gereed om in antwoord op Israel se gebede ook dit te doen: Ek maak die volk so baie soos skape. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die Here HERE: Ook dit sal Ek My laat vra deur die huis van Israel om dit vir hulle te doen: Ek sal hulle mense vermenigvuldig soos skape. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here my God: “Ek sal ook nog dít vir Israel doen in antwoord op hulle gebede: Ek sal hulle soos kleinvee laat vermeerder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘So sê my Heer, die Here: “Ook nog dit sal Ek die huis van Israel toelaat om van My te vra dat Ek dit vir hulle doen: Ek sal hulle vermeerder; soos kleinvee sal die mense wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “Wanneer die volk Israel bid en dit vir My vra, dan sal Ek hulle baie laat word, so baie soos die mense se skape en bokke. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So sê die Here, Esegiël se God: “Ek staan reg om na Israel se gebede te luister as hulle My vra dat Ek al hierdie dinge vir hulle doen. Ja, Ek wil graag doen wat hulle vir My vra. |