Ezekiel 36:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal sê: Hierdie land wat verwoes was, het geword soos die tuin van Eden; en die puinhope en verwoeste en verwoeste stede het omhein en bewoon geword. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer Ek julle terugbring, sal mense sê: ‘Hierdie land wat godverlate was, is nou soos die Tuin van Eden! Die stede wat verlate in puin gelê het, is nou versterk en vol mense!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sal sê: Hierdie land wat verwoes was, het geword soos die tuin van Eden; en die stede wat in puin gelê het en verwoes en afgebreek was, is versterk en bewoon. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sal sê: ‘Dié land was verlate en nou is hy soos die tuin van Eden; die stede het in puin gelê, hulle was verlate en verwoes, en nou is hulle vestingstede met inwoners.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal sê, ‘Hierdie land wat verlate gelê het, het soos die tuin van Eden geword. Die stede wat puinhope was, verlate en platgeslaan, is versterk en word bewoon.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal sê: ‘Niemand kon voorheen in hierdie land woon nie, maar dit het nou geword soos die tuin van Eden. Mense het die stede se sterk mure weer gebou en hulle het daar gaan woon, in die stede wat verwoes was en waar niemand kon woon nie.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar wanneer Ek julle terugbring, sal die mense sê: ‘Kan jy dit glo? Hierdie godverlate land het nou die Here se tuin geword!’ Die stede wat bouvalle is, sal dan weer veilig wees vir al die mense wat daarin woon. |