Ezekiel 36:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE: Op die dag dat Ek jou van al jou ongeregtighede gereinig het, sal Ek jou ook in die stede laat woon, en die puinhope sal gebou word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “So sê die oppermagtige Here: Wanneer Ek julle skoonmaak van julle sondes, bring Ek mense om in julle stede te leef. Die puinhope sal herbou word. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die Here HERE: In die dag as Ek julle reinig van al jul ongeregtighede, sal Ek die stede laat bewoon, en die puinhope sal opgebou word. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here my God: “Die dag as Ek julle van julle sonde reinig, sal Ek sorg dat julle stede weer bewoon word en sal julle puinhope herbou word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘So sê my Heer, die Here: “Die dag wanneer Ek julle reinig van al julle sondeskuld, sal Ek die stede weer laat bewoon; die puinhope sal opgebou word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal julle reinig en Ek sal julle sonde vergewe. Daardie dag sal Ek weer mense in die stede laat woon. Hulle sal die stede weer bou, die stede wat nou net hope klippe is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So sê die Here, die God van Esegiël: “Wanneer Ek julle skoonmaak van al die slegte dinge wat julle gedoen het, sal Ek weer mense in julle stede laat bly. Die bouvalle waar julle stede eers was, sal weer opgebou word. |