Ezekiel 36:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nie om julle ontwil doen Ek dit nie, spreek die HERE, laat dit aan julle bekend wees; skaam en beskaamd julle oor julle weë, o huis van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar onthou, sê die oppermagtige Here, Ek doen dit nie omdat julle dit verdien nie. Wees skaam en laat hang julle koppe oor julle gedrag, mense van Israel!
Afrikaans 1933/1953 Ek doen dit nie om julle ontwil nie, spreek die Here HERE; laat dit julle bekend wees! Skaam julle en bloos oor jul weë, o huis van Israel.
Afrikaans 1983 Julle moet weet, sê die Here my God, dat Ek dié dinge nie ter wille van julle doen nie. Al wat julle pas, Israel, is skaamte en skande oor julle optrede.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nie ter wille van julle doen Ek dit nie,” is die uitspraak van my Heer, die Here. “Dit moet vir julle duidelik wees! Wees verleë en skaam julle oor julle optrede, huis van Israel!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is nie vir júlle wat Ek dit sal doen nie, dit moet julle weet. Israel, julle moet skaam wees en jammer voel oor wat julle gedoen het.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar onthou,” sê die Here, die God van Esegiël, “Ek doen nie hierdie goeie dinge vir julle omdat julle dit verdien nie. Nee, my volk Israel. Die teenoorgestelde is waar. Julle behoort julle morsdood te skaam oor al die lelike goed wat julle aangevang het!”