Ezekiel 36:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal julle dink aan julle eie verkeerde weë en aan julle handelinge wat nie goed was nie, en julle sal julleself verafsku voor julle eie oë oor julle ongeregtighede en oor julle gruwels.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal julle onthou hoe julle vroeër gesondig het, en julleself haat vir al die bose dinge wat julle gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal julle dink aan jul verkeerde weë en aan jul handelinge wat nie goed was nie; en julle sal vir julleself walglik wees oor jul ongeregtighede en oor jul gruwels.
Afrikaans 1983 Dan sal julle terugdink aan julle bose optrede en julle gedrag wat nie goed was nie, en julle sal 'n afsku hê van julleself oor julle sonde en julle afskuwelike dade.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle sal terugdink aan julle bose optrede, aan julle dade wat nie goed was nie. Dan sal julle walg van julleself oor julle sondeskuld, oor julle afstootlike dade.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sal onthou hoe sleg julle gelewe het en julle sal onthou wat julle verkeerd gedoen het. Julle sal naar word oor julle sondes en oor die dinge wat julle gedoen het, dinge wat Ek haat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daardie dag sal julle onthou watter slegte dinge julle aangevang het. En dan sal julle bloedrooi van skaamte word. Julle sal julleself haat oor al julle sondes.