Ezekiel 36:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Profeteer dan en sê: So spreek die HERE; Omdat hulle julle 'n wildernis gemaak en julle van alle kante verslind het, om 'n besitting te wees vir die oorblyfsel van die nasies, en julle is opgeneem in die lippe van sprekers en is 'n skande van die volk.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom, mensekind, sê vir die berge van Israel die oppermagtige Here sê: Julle vyande het julle van alle kante aangeval en baie nasies het julle in besit geneem. Julle word bespot en beskinder.
Afrikaans 1933/1953 daarom profeteer en sê: So spreek die Here HERE: Omdat, ja, omdat hulle julle van alle kante verwoes en vertrap het, sodat julle vir die oorblyfsel van die nasies 'n besitting kan wees, en julle in opspraak gekom het en deur die mense beskinder is --
Afrikaans 1983 “Tree op as profeet en sê: So sê die Here my God: Julle is van alle kante af verwoes en aangeval en julle het die eiendom geword van wat oor is van die ander nasies. Julle is bespot en verneder.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) daarom, profeteer en sê, ‘So sê my Heer, die Here: “Omdat, ja, omdat hulle julle aan alle kante verwoes en geteister het, sodat julle die eiendom van die res van die nasies, die onderwerp van skinderstories in alle tale en van lasterpraatjies onder alle volke geword het,”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vyande het dit gesê, en daarom moet jy nou my boodskap vir hulle bring en sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Israel-berge, die vyande het die mense weggevat wat op julle gewoon het, die vyande het julle laat swaarkry van al die kante. Julle het aan die ander volke behoort. Hulle het slegte dinge oor julle gesê en hulle het julle beledig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daarom moet jy vir die berge van Israel sê: Jou vyande het jou uit al die windrigtings aangeval. Nou behoort jy aan ’n hele klomp nasies. Hierdie nasies spot met jou en skinder oor jou.”