Ezekiel 36:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal julle red van al julle onreinhede, en Ek sal die graan roep en dit vermeerder en geen hongersnood oor julle lê nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek maak julle skoon van alles wat julle lewe besoedel het. Ek gee julle goeie oeste. Julle sal hongersnood nie ken nie.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal julle verlos van al jul onreinhede; en Ek sal roep na die koring en dit vermenigvuldig, en Ek sal geen hongersnood op julle lê nie.
Afrikaans 1983 Ek sal julle bevry van alles waarmee julle julle verontreinig het, Ek sal die graan aanspreek en sorg dat dit baie is; Ek sal nie weer hongersnood oor julle bring nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal julle verlos van al julle onreinheid. Ek sal na die koring roep en dit oorvloedig maak; Ek sal nie weer hongersnood oor julle bring nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal julle red van alles wat julle onrein gemaak het. Ek sal praat met die koring en Ek sal die koring baie laat word. Julle sal nie weer honger wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal julle silwerskoon maak sodat julle nie meer slegte dinge sal doen nie. Ek sal aan julle goeie oeste op julle lande gee. Niemand sal meer honger wees in julle land nie.