Ezekiel 36:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal my Gees in julle binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel, en julle moet my verordeninge onderhou en dit doen.
Afrikaans (NLV) 2011 En Ek gee my Gees in julle sodat julle my voorskrifte sal gehoorsaam en doen wat Ek beveel.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.
Afrikaans 1983 Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My Gees sal Ek in julle binneste gee. Ek sal daarvoor sorg dat julle my vaste voorskrifte volg en dat julle my bepalings nakom en uitvoer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal julle laat lewe soos Ek wil hê, Ek sal julle laat doen wat Ek sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal daardie dag my Gees in julle laat bly. Hy sal julle leer om gehoorsaam te wees aan wat Ek julle beveel. Dan sal julle doen wat Ek sê.