Ezekiel 36:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart van vlees gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek gee julle ’n nuwe hart met die regte begeertes en ’n nuwe gees. Ek vat die ou hart van sonde weg en gee julle ’n nuwe, gehoorsame hart.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart van vlees gee.
Afrikaans 1983 Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle 'n hart van vleis gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal vir julle 'n nuwe hart gee, 'n nuwe gees sal Ek in julle binneste gee; Ek sal die hart van klip uit julle liggame verwyder en vir julle 'n hart van vlees gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal vir julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee. Ek sal die harde klip-hart uithaal uit julle liggame en Ek sal vir julle 'n sagte hart van vleis gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Want Ek sal julle harte nuut maak. Dan sal julle heeltemal anders dink. Ek maak julle van voor af nuut. Ek haal julle ou harte uit wat kliphard geword het van al die slegte dinge wat julle doen. En Ek maak julle heeltemal gehoorsaam aan My.