Ezekiel 36:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal Ek skoon water op julle sprinkel, en julle sal rein word; van al julle vuilheid en van al julle drekgode sal Ek julle reinig.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dan was Ek julle met skoon water, en julle sal skoon wees. Ek maak julle skoon van julle vuilheid en julle afgode.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig.
Afrikaans 1983 Ek sal reinigingswater oor julle uitgooi sodat julle rein kan word. Ek sal julle reinig van al julle onreinheid en van al julle afgodery.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal rein water oor julle sprinkel, en julle sal rein wees. Van al julle onreinhede en van al julle afgodsbeelde sal Ek julle reinig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal water op julle spat, die water sal julle rein maak. Ek sal alles wegneem wat julle onrein maak en ook al julle afgode.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daardie dag sal Ek julle skoonmaak. Dan sal julle regtig skoon wees, vir die eerste keer. Ek sal al die slegte dade van julle afwas, en julle sal nie meer voor die afgode buig en offers aan hulle bring nie.