Ezekiel 36:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Ek sal julle onder die nasies uit haal en julle uit al die lande versamel en julle in julle land bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want Ek maak julle bymekaar uit al die nasies en bring julle huis toe na julle eie land toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle in jul land bring. |
| Afrikaans 1983 | “Ek sal julle tussen die nasies uit wegvat, julle uit al die lande bymekaarmaak en julle na julle land toe bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal julle uit die nasies neem, en julle bymekaarmaak uit al die lande. Ek sal julle na julle grond bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ek sal julle wegneem tussen die volke, Ek sal julle uit al die lande bymekaarmaak en Ek sal julle na julle eie land bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek sal julle wys wie Ek is daardie dag as Ek julle bymekaarmaak waar julle tussen die nasies as gevangenes bly. Ek sal julle na julle eie land toe bring. |