Ezekiel 36:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal my groot Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle in hulle midde ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, spreek die HERE, wanneer Ek voor hulle oë in julle geheilig word.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek gaan julle wys hoe heilig Ek is, Ek vir wie die nasies respek verloor het deur julle optrede. En as Ek my heiligheid deur julle voor hulle oë openbaar, sê die oppermagtige Here, sal die nasies besef dat Ek die Here is.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, spreek die Here HERE, as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken.
Afrikaans 1983 Ek sal die heiligheid van my groot Naam laat blyk wat onder die nasies in oneer gekom het. Julle het my Naam oneer aangedoen onder die nasies. Wanneer Ek my heiligheid laat blyk in wat Ek met julle doen voor die oë van die nasies, sal hulle besef dat Ek die Here is,” sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal my groot Naam heilig, wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het. Die nasies sal besef dat Ek die Here is,” is die uitspraak van my Heer, die Here, “wanneer Ek Myself deur julle as die Heilige betoon voor hulle oë.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal my groot Naam weer heilig laat wees, my Naam wat julle ontwy het tussen die volke. Die volke sal weet dat Ek die Here is wanneer Ek iets doen met julle en wanneer Ek vir hulle wys dat Ek die heilige God is.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal vir julle wys wie Ek regtig is. Julle sal die Een sien wat julle nie wou aanbid terwyl julle gevangenes in die vreemde land was nie. Wanneer Ek Myself vir julle wys soos Ek is, sal die ander nasies erken dat Ek die Here is. Want hulle sal My ook sien.” So sê die Here, die God van Esegiël: