Ezekiel 36:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, sê aan die huis van Israel: So spreek die HERE; Ek doen dit nie om julle ontwil nie, o huis van Israel, maar ter wille van my heilige Naam wat julle ontheilig het onder die nasies waar julle gegaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daarom, sê vir die mense van Israel die oppermagtige Here sê: Ek bring julle terug, maar nie omdat julle dit verdien nie. Ek doen dit ter wille van my Naam wat julle oneer aangedoen het onder die nasies waar julle gebly het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, sê vir die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Ek doen dit nie om julle ontwil nie, o huis van Israel, maar ter wille van my heilige Naam wat julle ontheilig het onder die nasies waar julle gekom het. |
| Afrikaans 1983 | Daarom, sê vir Israel: So sê die Here my God: Dit is nie ter wille van julle dat Ek optree nie, Israel, maar ter wille van my heilige Naam wat deur julle oneer aangedoen is onder die nasies waar julle gekom het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Daarom, sê vir die huis van Israel, ‘So sê my Heer, die Here: “Nie ter wille van julle doen Ek dit nie, huis van Israel, maar slegs ter wille van my heilige Naam, wat julle ontheilig het onder die nasies waarheen julle gegaan het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet jy vir die volk Israel sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Israel, Ek sal iets doen, maar Ek sal dit nie doen om júlle te help nie, Ek sal dit doen vir mý heilige Naam. Julle het my Naam ontwy tussen die volke waar julle gekom het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom, sê vir Israel die Here, Esegiël se God, belowe: “Ek bring julle terug na julle eie land toe. Maar dit is nie omdat julle dit verdien nie. Ek doen dit sodat die nasies My sal raaksien vir wie Ek is. Julle het niks gedoen om vir die nasies tussen wie julle as gevangenes gebly het, te wys wie Ek is nie. |