Ezekiel 36:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar ek het my ontferm oor my heilige Naam wat die huis van Israel ontheilig het onder die nasies waarheen hulle gegaan het.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek is bekommerd daaroor dat mense respek vir my Naam verloor. Dit is veroorsaak deur die mense van Israel wat tussen die nasies gaan woon het.
Afrikaans 1933/1953 Toe het dit My ter harte gegaan om my heilige Naam ontwil wat die huis van Israel ontheilig het onder die nasies waar hulle gekom het.
Afrikaans 1983 Ek is begaan oor my heilige Naam wat oneer aangedoen word deur Israel onder die nasies waar hulle gekom het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek was begaan oor my heilige Naam, wat die huis van Israel so ontheilig het onder die nasies waarheen hulle gegaan het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volk Israel het my Naam ontwy tussen die volke waar hulle gekom het, en Ek was hartseer daaroor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Ek dit hoor, het Ek besef dat die ander nasies My nie erken vir wie Ek is nie. Ek moes iets daaraan doen.”