Ezekiel 36:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle by die nasies ingegaan het waarheen hulle gegaan het, het hulle my heilige Naam ontheilig deur vir hulle te sê: Dit is die volk van die HERE, en hulle het uit sy land uitgetrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Waar hulle tussen die nasies verstrooi was, het hulle my heilige Naam oneer aangedoen. Want die nasies het gesê: ‘Hierdie is die Here se mense, en tog moes hulle weggaan uit sy land!’
Afrikaans 1933/1953 En toe hulle by die nasies kom waarheen hulle getrek het, het hulle my heilige Naam ontheilig deurdat van hulle gesê is: Hierdie mense is die volk van die HERE, en hulle moes uit sy land uittrek.
Afrikaans 1983 En toe hulle daar by die ander nasies kom, het hulle my heilige Naam oneer aangedoen toe die mense van hulle sê: ‘Maar dit is mos die volk van die Here hierdie, hulle kom uit sy land.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hulle aankom by die nasies waarheen hulle gegaan het, het hulle my heilige Naam ontheilig, deurdat daar van hulle gesê is, ‘Dit is die Here se volk hierdie, maar uit sy land moes hulle padgee.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe hulle daar by die ander volke kom, het hulle so gelewe dat die mense sleg gepraat het oor My. Die mense het gesê: ‘Dit is die Here se volk, maar hulle moes weggaan uit sy land.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En weet jy wat doen hulle toe in die vreemde lande waarheen Ek hulle weggejaag het? Hulle het doodgewoon net aangehou met hulle slegte dade. Die nasies het gesê: ‘Die Here, die God van Israel, kon nie sy volk beskerm nie. Hulle was sy volk, maar Hy was nie in staat om hulle teen die Babiloniërs te beskerm nie.’