Ezekiel 36:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het Ek my grimmigheid oor hulle uitgegiet oor die bloed wat hulle oor die land vergiet het en oor hulle drekgode waarmee hulle dit verontreinig het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het die land besoedel deur moord te pleeg en afgode te aanbid. Daarom het Ek my wraak oor hulle uitgestort.
Afrikaans 1933/1953 Daarom het Ek my grimmigheid oor hulle uitgegiet, vanweë die bloed wat hulle in die land vergiet het, terwyl hulle dit met hul drekgode verontreinig het.
Afrikaans 1983 Ek het my toorn oor hulle laat losbreek oor die bloed wat hulle vergiet het en oor die afgode waarmee hulle die land verontreinig het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het my woede oor hulle uitgestort oor die bloed wat hulle in die land gestort het en oor die afgodsbeelde waarmee hulle dit besoedel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het kwaad geword en Ek het hulle gestraf omdat hulle mense vermoor het in die land en omdat hulle die land onrein gemaak het met afgode.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het die land vuil gemaak deur onskuldige mense dood te maak en voor afgode neer te buig. Daarom het Ek my woede oor hulle uitgestort.