Ezekiel 36:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Mensekind, toe die huis van Israel in hulle land gewoon het, het hulle dit verontreinig volgens hulle eie weë en deur hulle handelinge;
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, toe die volk Israel in hulle eie land gelewe het, het hulle dit besoedel met hulle optrede. Wat hulle gedoen het, was vir My soos wanneer ’n vrou menstrueer.
Afrikaans 1933/1953 Mensekind, toe die huis van Israel in hulle land gewoon het, het hulle dit verontreinig met hul wandel en met hul handelinge; hulle wandel was voor my aangesig soos die besoedeling van die maandelikse onreinheid.
Afrikaans 1983 “Mens, toe Israel nog in hulle land gewoon het, het hulle die land verontreinig met hulle optrede en hulle gedrag. Hulle optrede was in my oë net so onrein as 'n vrou wat menstrueer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Mensekind, terwyl die huis van Israel op hulle grond gewoon het, het hulle dit verontreinig met hulle optrede en hulle dade. Soos onreinheid tydens menstruasie, was hulle optrede voor My.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Mens, die volk Israel het voorheen in hulle land gewoon. Hulle het toe verkeerd gelewe en die land het onrein geword. Ek het gesien die dinge wat hulle doen, is so onrein soos 'n vrou wat menstrueer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, toe die volk Israel in hulle land gebly het, het hulle die land onbewoonbaar gemaak met al die slegte dinge wat hulle gedoen het. Hulle slegte dade was soos ’n vuil lap in my hand. Ek kon niks daarmee doen nie.