Ezekiel 36:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal die mense die skande van die nasies nie meer in jou laat hoor nie, en jy sal die smaad van die volke nie meer dra nie, en jy sal jou nasies nie meer laat val nie, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal nie toelaat dat vreemde nasies met julle spot of julle verneder of julle pootjie nie, sê die oppermagtige Here.”
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal nie meer teen jou laat hoor die skimp van die nasies nie, en die smaad van die volke sal jy nie meer dra nie; en jy sal jou nasie nie meer laat struikel nie, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 “Ek sal nie toelaat dat julle weer die vernederende aanmerkings van ander nasies moet aanhoor en deur hulle verkleineer word nie. Julle sal nie weer julle bewoners afskud nie,” sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “Ek sal jou nie weer die vernedering deur die nasies laat hoor nie; en die bespotting deur volke sal jy nie meer verduur nie. Jou nasie sal jy nie weer laat struikel nie.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gesê: “Ek sal keer dat die ander volke julle nie weer beledig en spot nie. Julle sal nie weer julle mense se kinders laat sterf nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal ook nie toelaat dat daardie vreemde nasies langer met jou spot en oor jou lag nie. Hulle sal nie weer aanmerkings oor julle maak nie. Hierdie land se mense sal nie meer doodgemaak word nie,” sê die Here, die God van Esegiël.