Ezekiel 36:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE: Omdat hulle vir julle sê: U land verteer die mense en beroof u nasies;
Afrikaans (NLV) 2011 “So sê die oppermagtige Here: Die ander nasies spot met julle, berge van Israel. Hulle sê: ‘Israel is ’n land wat sy mense opvreet!’
Afrikaans 1933/1953 So spreek die Here HERE: Omdat hulle vir julle sê: 'n Menseter is jy en een wat sy eie nasie kinderloos maak --
Afrikaans 1983 So sê die Here my God: “Die mense sê van julle, berge van Israel, dat julle mense opvreet en dat julle julle bewoners afskud.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘So sê my Heer, die Here: “Omdat hulle vir julle sê, ‘Land, jy verslind mense, en jy het jou nasie telkens kinderloos gemaak’,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “Israel-berge, die mense sê julle eet mense op, hulle sê julle laat julle mense se kinders sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So sê die Here, die God van Esegiël: “Die nasies spot julle, berge, en sê julle eet julle eie land se mense op.