Ezekiel 36:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ja, Ek sal mense op jou laat loop, my volk Israel; en hulle sal jou in besit neem, en jy sal hulle erfdeel wees, en jy sal hulle voortaan nie meer van mense beroof nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal sorg dat mense, my volk Israel, weer op julle loop, en julle sal hulle erfporsie wees. Julle sal hulle nooit weer kinderloos maak nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal mense op julle laat loop, my volk Israel; en hulle sal jou in besit neem, en jy sal vir hulle 'n erfenis wees en hulle verder nie meer kinderloos maak nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal weer mense op julle laat loop: my volk Israel. Hulle sal julle in besit neem as hulle eiendom en julle sal hulle nie weer kinderloos laat word nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal mense, my volk Israel, op julle laat loop, en hulle sal julle in besit neem, en julle sal hulle erfenis wees. Julle sal hulle nie weer kinderloos maak nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal weer mense op julle laat loop, my volk Israel sal op julle loop. Hulle sal julle vir hulleself neem, en julle sal aan hulle behoort. Julle sal nie weer hulle kinders laat sterf nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My volk sal weer op jou rondloop. Ek sal daarvoor sorg. My volk sal die berge erf. Jy sal nooit weer my volk se kinders se dood veroorsaak nie.” |